Israel ontvang liggaam van Thaise gyselaar

Lees ook :

Israel ontvang liggaam van Thaise gyselaar fotokrediet: X

ISRAEL. – Israel het gister die liggaam van die Thaise landbouwerker, Suthisak Rintalak (43), in ontvangs geneem.

Lees ook: Israel ontvang liggaam van vermeende Gasa-gyselaar

Rinktalak was een van twee gyselaars wie se liggame steeds in Gasa was. Die liggaam van die laaste gyselaar, die Israeliese polisiebeampte, Ran Gvili (24), is steeds in Gasa.

Rintalak se liggaam is in die noorde van Gasa gevind. Sy liggaam is aan Israel oorhandig nadat toetse op nog ‘n liggaam, wat Dinsdag aan Israel oorhandig is, gewys het dit is nie een van die gyselaars nie.

Die Israeliese weermag het gesê Rintalak se familie is in kennis gestel. Volgens die weermag is beide Rintalak en Gvili in Hamas se aanval op 7 Oktober 2023 doodgemaak en hulle liggame na Gasa geneem.

Bronne: BBC, Times of Israel, NBC News

Lees ook: Israel ontvang liggaam van vermeende Gasa-gyselaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief