Polisie soek na vermiste man

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Die Polokwane-polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om Clinton Cloud van der Merwe (42) op te spoor wat as vermis aangemeld is.

Sers. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê Van der Merwe is volgens die polisie op Woensdag 15 Julie omstreeks 15:30 laas deur sy ouma gesien toe hy haar by haar woning in Flora Park, Polokwane, besoek het. Sy familie weet nie waar hy tans is nie. Dit is ook nie bekend wat hy aangehad het toe hy laas gesien is nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om Van der Merwe op te spoor, kan sers. Mokgadi Molope by 082 728 9831 of Crime Stop by 08600 10111 skakel, of die inligting by die naaste polisiestasie aanmeld. Inligting kan ook via die MySAPS-toepassing gegee word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief