Brekende Nuus
Nuus

Polisie vra hulp om vermiste man op te spoor

Foto: SAPD

NOORDWES. – Die Wolmaransstad-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van Lucas Johannes Kruger (60), wat sedert Donderdag 30 April vermis word.

Sers. Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder, sê Kruger is laas deur sy lewensmaat gesien toe hy na Klerksdorp vertrek het, maar hy het nooit teruggekeer nie. ’n Soektog en uitgebreide ondersoek in en om Wolmaransstad en omliggende gebiede het tot dusver geen positiewe resultate opgelewer nie. 

Kruger was ten tyde van sy verdwyning in ’n swart langbroek, geruite hemp en swart baadjie geklee. Hy is lig van gelaat, lank en skraal, met lang grys hare en ’n grys snor.

Enigiemand met relevante inligting oor waar Kruger hom bevind, kan sers. Phuthulogang Maine by 078 395 5022 bel.