VRYSTAAT. – Die Parkweg-speurtak vra hulp om ’n man, slegs bekend as “Johannes”, op te spoor wat moontlik belangrike inligting het oor ’n saak van poging tot moord in Fleurdal.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, het die voorval op 27 Februarie omstreeks 11:50 op Berry Richterweg plaasgevind. ’n 18-jarige bestuurder het glo ’n werktuigkundige, wat hy ken as “Johannes”, genader om te vra oor ’n betaling wat hy glo nog nie afgehandel het nie. Die man het glo voorgestel dat hulle omstreeks 15:00 weer ontmoet. Hy het glo ook lekkers uit sy voertuig gehaal en vir die jong man gegee, waarvan hy een geëet het. Die jong man het erge maagpyn en krampe ervaar en het na ‘n vriend se huis gery. Sy toestand het vinnig versleg en hy is na ’n hospitaal geneem. Dokters het later bevestig dat hy gif ingeneem het.
’n Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek. Die polisie vra dat die man op die foto na vore moet kom omdat hy moontlik met die ondersoek kan help. Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.sers. Desmond Thokoa by 082 526 2713 te bel.






2 Responses
http://farmaciabesurica.com/# top farmacia online
comprare medicinali online senza ricetta: comprare medicinali online senza ricetta – farmacia online Italia