Polisie waarsku Mosselbaai-besighede teen vals skenkingsbriewe

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Die polisie waarsku die publiek in Mosselbaai teen vervalste briewe waarin sogenaamde skenkings aan die polisie versoek word.

Luidens ‘n verklaring van AO Christopher Spies is die polisie is in kennis gestel van ’n skema wat besighede teiken met versoeke vir geldelike bydraes. Die briewe en gepaardgaande korrespondensie, wat deur WhatsApp versprei word, is volgens Spies vals en het geen verbintenis met die polisie nie, alhoewel dit die amptelike SAPD-kenteken het, asook die naam van ’n beampte om dit geloofwaardig te laat voorkom. Die betrokke persoon, selfoonnommer en bankrekening wat gebruik word, het egter geen skakel met die polisie nie.

’n Saak is geregistreer om die oorsprong van die vals boodskappe en rekeninge te ondersoek. Die publiek word aangeraai om enige kommunikasie wat beweer dit kom van die polisie, deur amptelike kanale te verifieer. Mense moenie met die betrokke individue in gesprek tree of betalings maak nie, en word versoek om sulke voorvalle by hulle naaste polisiestasie aan te meld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief