Polisieduikers geprys ná opsporing van voertuig in Vaaldam

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Die voertuig van die vermiste Stephen Khanye (70) is Dinsdag ná ‘n intensiewe soektog by die Vaaldam naby Oranjeville opgespoor. Hy is op 15April in dieselfde omgewing (in Mafube) as vermis aangemeld.

Sers. Josephine Rani sê lede van die polisie se duikeenheid, onder leiding van sers. Zwielie Simamane, het ‘n operasie van stapel gestuur nadat inligting ontvang is van ‘n voertuig in die water wat met ‘n vermiste-persoon saak verbind word. Die duikers moes uitdagings soos sterk strome, gure weer en swak sigbaarheid trotseer. Die span van Bloemfontein het verskeie diepwaterduike uitgevoer en ná ses pogings die voertuig onder ’n brug in die Oranjeville-gebied gevind. Sy het die duikers se optrede geprys.

Weens ongunstige weerstoestande en veiligheidsrisiko’s is die berging van die voertuig voorlopig gestaak. Dit sal hervat word wanneer toestande dit toelaat.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief