Polisiekolonel vas vir beweerde seksuele misdrywe teenoor kollega

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. ’n Polisiekolonel wat aan die Wes-Kaap se beskerming en veiligheidsdienste verbonde is, is deur Opod op aanklagte van seksuele aanranding en verkragting in hegtenis geneem. Die slagoffer is ‘n kollega van die aangeklaagde.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê die inhegtenisneming het Dinsdagaand plaasgevind. Daar word beweer dat die kolonel in Mei 2025 ’n vroulike kollega, wat onder sy bevel gewerk het, seksueel aangerand en verkrag het. Die verdagte, wat by Wynberg-polisiekantoor aangehou is, sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof voorkom.

Die ondersoek na die voorval is steeds aan die gang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief