Polisiekonstabel in Khayelitsha doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – ‘n Polisiekonstabel (30) van Khayelitsha-polisiestasie is Woensdagaand tydens ‘n misdaadvoorkomingsoperasie in Blok-Q in die area doodgeskiet. Verdagtes word sedertdien gesoek.

Brig. Novela Potelwa sê ‘n gewapende verdagte het op die polisielede geskiet toe hulle omstreeks 21:30 met ‘n stop-en-deursoekingsoperasie besig was. Die Valke (DPCI) behartig die ondersoek na ‘n moorddossier geopen is.

Potelwa sê die polisie in die provinsie is beskok oor die moord op die konstabel.

“Die kollegas van die afgestorwe lid word tans deur gesondheid- en welstandpraktisyns van die polisie (EHW) ondersteun.”

Die konstabel se identiteit sal bekend gemaak word wanneer sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

Lt.genl. Thembisile Patekile sê alle hulpmiddele sal ingespan word om die skuldige op te spoor.

“Dit is ontnugterend dat polisiebeamptes wat ontplooi word om veiligheid na gemeenskappe te bring, vind dat hulle deur misdadigers geteiken word. Ons versterkte ontplooiings is hard aan die werk in pogings om die verdagte vas te trek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief