Polisiekonstabel vas vir beweerde dwelmhandel in Laingsburg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Polisiekonstabel (31), gestasioneer by Laingsburg-polisiekantoor, is Vrydag vir sy beweerde betrokkenheid by dwelmhandel in die Sentraal-Karoo in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg op maande lange ondersoekwerk wat reeds in 2025 begin het.

AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die konstabel is tydens ’n geteikende operasie by ’n vulstasie in Voortrekkerweg vasgetrek. Verskeie eenhede, insluitend georganiseerde misdaad, K9, misdaadintelligensie en ’n hommeltuigspan, het aan die operasie deelgeneem. Volgens Spies is Mandrax-tablette, tik en kontant tydens die operasie gevind en op beslag gelê. Die verdagte is daarna op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Die konstabel se 30-jarige vriendin is ook in hegtenis geneem en staan tereg op soortgelyke aanklagte. ’n Derde man (39) wat saam met hulle was, is ook vasgetrek nadat ammunisie glo in sy besit gevind is.

Die drie verdagtes was in aanhouding en sal na verwagting vandag (Maandag) op die aanklagte in die Laingsburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief