‘n Polisielid is Maandag in die vroeë oggendure in die Stoffberg-pad op Middelburg Gauteng doodgeskiet.
Die polisie op Middelburg het Maandagoggend vroeg inligting ontvang oor diesel wat glo by ‘n myn naby die N4 gesteel is.
Die polisielid wat die inligting ontvang het, is toe saam met ‘n kollega in ‘n polisiebakkie na die toneel.
Daar het hulle ‘n geel dieseltenkwa aangetref en voorgekeer. Drie verdagtes het glo vanuit die voertuig op die beamptes begin skiet.
Een van die lede is doodgeskiet en die ander is na ‘n hospitaal op Middelburg geneem vir behandeling.
Drie vuurwapens, 25 rondtes ammunisie en vyf selfone is op die toneel gevind.
Enigiemand met inligting om die verdagtes te help vastrek, kan die polisie by 071 481 3098 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





