WES-KAAP. – Sers. Aiden Mahoney is Woensdag in Mamre aan die Weskus deur ‘n verdagte met sy eie dienswapen wat gegryp is, doodgeskiet. ‘n Soektog na die verdagte is geloods.
Brig. Novela Potelwa sê die sersant en sy ‘n kollega het omstreeks 12:40 op ‘n klag van huishoudelike geweld in Klapmutsstraat gereageer. Met aankoms op die toneel het ‘n stoeiery glo ontstaan waarna die sersant se dienswapen afgeneem en hy doodgeskiet is. Die verdagte het glo ook op die ander polisielid geskiet, maar dié is nie beseer nie.
Lt.genl. Patekile, die provinsiale kommissaris, het die moord op die polisielid sterk veroordeel.
“It is disheartening that a police official responding to a complaint is shot with his own service pistol. Police are there to protect community members. They should not come under attack.”
Die soektog na die verdagte duur voort met addisionele mannekrag wat ontplooi is. Die direktoraat vir prioriteitmisdaadondersoeke (DPCI) ondersoek die moord.
Smile 90.4 FM het die oorledene geïdentifiseer en het gesê die gemeenskap is geskok deur sy dood.
Bronne: SAPD en Smile 90.4 FM





