WES-KAAP. – Die ondersoek na die verdwyning van die vermiste Joshlin Smith (6), wat reeds op 19 Februarie uit Saldanhabaai verdwyn het nadat sy glo vir R20 000 verkoop is, duur voort.
Kapt. Frederick van Wyk het aan Nuusflits bevestig alle leidrade word opgevolg in ‘n poging om die jong meisie te kry.
“We are not at liberty to provide a detailed account of current investigations as this can potentially hampers ongoing investigation.”
Enigiemand met inligting word versoek om die polisie overwyld te nader.
Daar is steeds ‘n beloning van R1 miljoen op die spel wat deur Gayton McKenzie, die leier van die Patriotic Alliance, vir die opspoor van Joshlin beskikbaar gestel is.
Die vyf verdagtes wat in die saak in hegtenis geneem is, kom weer op aanklag van mensehandel vir uitbuiting en ontvoering op 13 Mei in die Vredenburg-landdroshof voor. Racquel Chantel Smith (Kelly) (33), Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) en Lourentzia “Renz” Lombaard (32) het almal hulle borgaansoeke laat vaar.
Phumza Sigaqa is weens onvoldoende bewyse hangende die ondersoek vrygelaat.
Kelly Smith is glo weer swanger terwyl haar ander twee kinders in die sorg van familie is.
Polisieminister Bheki Cele het reeds aangedui die soektog het internasionaal uitgebrei.





