Polisiereservis oorleef 16 skote, net om glo eie lewe te neem

Lees ook :

Foto: Wiandre Pretorius en Yusuf Abramjee van die beweerde selfdoodtoneel

GAUTENG. – Wiandre Pretorius (41) het glo sy eie lewe by ’n vulstasie in Brakpan aan die Oos-Rand geneem. Nuusflits het Donderdag berig Pretorius het ongedeerd ontsnap, toe daar kort voor 10:00 deur verdagtes by sy huis in die Dawnpark-polisiëringsgebied, Boksburg, op hom geskiet is.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het in ‘n verklaring bevestig dat ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen is nadat ’n man na bewering homself Saterdag by ’n vulstasie in Brakpan doodgeskiet het. Mathe sê alle rolspelers, insluitend speurders en forensiese kundiges, het die toneel besoek en die nodige ondersoeke ingestel. Die saak word tans ondersoek.

Volgens misdaadaktivis Yusuf Abramjee was Pretorius ’n polisiereservis. Sy lewensmaat, Juan-Mare Eksteen, ’n polisie-sersant, was ook op die toneel. Sy naam is vroeër deur wyle Marius van der Merwe voor die Madlanga-kommissie genoem. Eksteen se naam is ook voor die kommissie genoem. Pretorius en ander individue is glo in 2022 met die moord op ’n verdagte in Brakpan verbind.

Lizzy Suping, woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het intussen in ‘n verklaring gesê die ondersoek na die moord op Emmanuel Mbhense is afgehandel en die saakdossier is op 4 Februarie aan die direkteur van openbare vervolgings vir ’n besluit oorhandig. Die saak handel oor die beweerde moord op Mbhense, wie se liggaam in 2022 in ’n meer in Germiston gevind is. Daar word beweer dat hy op 22 April 2022 deur lede van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) doodgemaak is.

Mbhense is glo vroeër in Maart 2022 met ’n sakeroof in Boksburg-Noord verbind. Sy vragmotor sou na bewering tydens dié roof gebruik gewees het, wat tot ’n ondersoek deur EMPD gelei het. Opod het gesê die familie van die oorledene is deurentyd op hoogte gehou van die vordering van die ondersoek. Die direktoraat beskik ook oor skriftelike bevestiging van die familie dat hulle tevrede was met die gereelde terugvoer van die ondersoekbeampte.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief