Polisiespeurder sterf in ongeluk tydens vervoer van gevangenes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – ‘n Speurdersersant het Donderdagoggend sy lewe verloor nadat ‘n voertuig op die R31 tussen Danielskuil en Kuruman omgeslaan het. ‘n Konstabel en 13 gevangenes wat beseer is, ontvang behandeling.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Cherelle Ehlers, het die speurder van die Danielskuil-speurtak 13 gevangenes saam met ‘n kollega van Kuruman na Danielskuil te vervoer toe die ongeluk om ongeveer 08:30, sowat 30 km buite Kuruman, plaasgevind het. Die konstabel is beseer en na ‘n hospitaal geneem, terwyl al 13 gevangenes ook beserings opgedoen het en behandeling ontvang. Die Kuruman-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Innige medelye is deur die DA in die Noord-Kaap teenoor die familie van die speurder uitgespreek. Ofentse Mokae, DA-lid van die gekose komitee oor veiligheid en justisie, sê die DA vra ‘n deursigtige ondersoek na die omstandighede van die voorval. Die vervoer van ‘n groot aantal gevangenes deur slegs twee polisiebeamptes wek vrae oor vervoerreëlings en operasionele prosedures wat noukeurig ondersoek moet word ter wille van die veiligheid van beide beamptes en aangehoudenes.

Die party vertrou dat die ondersoek duidelikheid sal verskaf en dat enige tekortkominge wat geïdentifiseer word, deursigtig gekommunikeer en dringend aangespreek sal word om toekomstige risiko’s te verminder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief