Polisievrou nie aan diens – stuit beweerde kapingspoging

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ’n Vroulike polisiekonstabel wat Sondag van diens af was, is ná 17:00 buite ’n winkel op die hoek van Du Plessisstraat en Main Road in Humansdorp tydens ’n beweerde kapingspoging deur twee gewapende mans aangeval. Sy het vir haar lewe baklei totdat hulp opgedaag het.

Luidens ’n verklaring deur polisiewoordvoerder, AO Majola Nkohli, het die verdagtes glo probeer om die konstabel in die kattebak van haar voertuig te dwing, waartydens sy haarself verdedig het totdat private gewapende reaksie- en polisiebeamptes opgedaag het.

’n 18-jarige verdagte is in hegtenis geneem, terwyl ’n tweede verdagte weggekom het. ’n Replika-vuurwapen is op die toneel gevind.

Die verdagte sal vandag op aanklagte van poging tot kaping, poging tot ontvoering, aanranding met die opset om ernstig te beseer en ’n oortreding van die vuurwapenbeheerwet in die Humansdorp-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief