Pound-for-Pound-konings bots in Vegas

Lees ook :

Sondagoggend, 14 September, wag ’n geveg wat die bokswêreld op sy kop gaan draai. Twee van die beste pound-for-pound boksers van ons tyd klim in die kryt by die Allegiant-stadion, Las Vegas. Die hele kaart word regstreeks op Netflix uitgesaai – afskop om 03:00.

Hoekom jy dit nie kan mis nie:

  • Dit is die eerste Zuffa-boksbyeenkoms onder die nuwe TKO-banier, gelei deur niemand anders nie as Dana White (UFC-president) nie.
  • Die geveg word op die grootste stroomplatform ter wêreld, Netflix, uitgesaai.
  • Twee van die grootste sterre in boks veg om al die titels – ’n historiese oomblik.
  • Terence Crawford spring twee gewigklasse hoër om die Meksikaanse legende, Canelo Álvarez, se belde te probeer steel.

Die Groot Vraag: Wie gaan wen?

Baie kenners glo dat Canelo (63-2-2, 39 KOs) se beste dae agter hom lê, en dat hy nou in die laaste hoofstuk van sy loopbaan staan. Tog bly hy die natuurlike groter man, gemaklik in die super-middelgewig-afdeling.

Aan die ander kant is Crawford (41-0, 31 KOs) nou 37, maar steeds op die piek van sy fisiese vorm en onoorwonne. Albei boksers het yster-kenne en is nog nooit in hul loopbane platgeslaan nie. Dit maak die geveg ’n ware 50/50-botsing.

Sal jy vroeg opstaan om dit live te kyk? En belangriker – wie dink jy gaan sy hand oplig in oorwinning?

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief