Pous Franciskus het sy ‘popemobile’ aan Gaza geskenk

Lees ook :

Pous Franciskus het sy ‘popemobile’ aan Gaza geskenk fotokrediet: X

GAZA. – Die Vatikaan het pous Franciskus se “popemobile”, die voertuig waarin hy gereis het, aan Gaza skenk om as mobiele kliniek vir die kinders in Gaza te dien.

Lees ook: KYK: Pous Franciskus se begrafnis

Dit was sy laaste wens om die kinders wat deur die oorlog in Gaza geraak is, te help. Die “popemobile” sal toerusting hê vir diagnoses, ondersoeke en behandeling. Dokters en paramedici sal in die “popemobile” reis om kinders in die mees geïsoleerde dele van Gaza te bereik.

Pous Franciskus het gereeld mense herinner: “Kinders is nie nommers nie. Hulle is gesigte. Name. Stories. En elkeen is heilig.”

Die pous het Caritas Jerusalem gevra om seker te maak die “popemobile” word toegerus. Caritas Jerusalem, ’n organisasie wat vir jare gemeenskappe in Gaza gehelp het, het gesê die voertuig is ’n boodskap aan die wêreld dat die kinders in Gaza nie vergeet is nie en is ’n uitnodiging vir die res van die wêreld om nie te vergeet van die kinders van Gaza nie.

Bronne: Vatican News

Lees ook: KYK: Pous Franciskus se begrafnis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief