VATIKAAN. – Pous Franciskus se begrafnis vind vandag in die Vatikaanstad plaas. Die openbare kerkdiens van sowat 90 minute sal voor die St. Peter-basilika gehou word.
Lees ook: Pous Franciskus se begrafnis sal Saterdag plaasvind
Na die begrafnis sal die kis na die pouslike basilika, St. Maria Maggiore, geneem word vir die liggaam om begrawe te word. Pous Franciskus het gevra om daar begrawe te word omdat dit sy gunstelingkerk was waar hy gereeld gebid het voor en na internasionale reise. Sewe pouse is voor hom daar begrawe.
Na die teraardebestelling sal nege dae van rou volg.
Verskeie staatshoofde en koninklikes, soos prins William van Brittanje, Donald Trump en Wolodomir Zelenski is in Rome vir die begrafnis.
WATCH LIVE: Pope Francis' funeral at St. Peter's Basilica https://t.co/Xku1H5Czbe
— PBS News (@NewsHour) April 26, 2025
WATCH LIVE: Pope Francis' funeral at St. Peter's Basilica https://t.co/4zoKPxSFqK
— euronews (@euronews) April 26, 2025
Bronne: X
Lees ook: Pous Franciskus se begrafnis sal Saterdag plaasvind





