Prasa gevra om beweerde bande tussen bendes en kontrakte te ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, het Prasa versoek om ondersoek in te stel na beweerde bande tussen bendes en die Central Line-kontrakte. Hy het ook gevra dat alle betrokke amptenare aanspreeklik gehou moet word.

Luidens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad het ’n ondersoek deur Amabhungane aangedui dat die beweerde bendeleier Ralph Stanfield en sy vrou, Nicole Johnson, sowat R600 miljoen se subkontrakte van 2022–2024 deur Stanfield-verbonde maatskappye verkry het. Die burgemeester vra dat Prasa amptenare opskort en die betrokke maatskappye, waar toepaslik, swartlys.

Daar is ook kommer oor ’n senior polisiebeampte se moontlike betrokkenheid by ’n vergadering in 2022 waar kontrakteurs aan Stanfield-verbonde maatskappye voorgestel is. Hill-Lewis het die polisie se provinsiale kommissaris versoek om dit te ondersoek en beklemtoon dat korrupte amptenare en bende-finansiering aangespreek moet word om georganiseerde misdaad in Kaapstad te bekamp.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief