President Ramaphosa het byna R139 m spandeer op kos op privaat vliegtuig

Lees ook :

President Ramaphosa het byna R139 m spandeer op kos op privaat vliegtuig
President Ramaphosa het byna R139 m spandeer op kos op privaat vliegtuig

Lees ook: Mededingingskommissie waarsku skole oor riglyne vir uniforms

Die verdedigingsminister, Thandi Modise, het die week aan die parlement gesê president Ramaphosa het byna R139 miljoen spandeer op kos op sy presidensiële vliegtuig oor die laaste vyf jaar.

TimesLIVE het berig toe hulle Modise vra oor die rekening het haar woordvoerder gesê die R139 miljoen is die totale koste om die vliegtuig aan die gang te hou. Haar woordvoerder het gesê die kostes sluit petrol, parkering, lughawekostes en nog meer in.

Die DA het gevra vir die totale kostes van kos vir elke vlug die laaste vyf jaar. John Steenhuisen het verlede jaar se verslag oor die vlug na Engeland vir koning Elizabeth se begrafnis bevraagteken.

Modise het verduidelik die vlug was nie van Suid-Afrika af nie, maar vanaf die VSA. Dit is verduidelik die kostes vir kos was vir die hele vlug vanaf die VSA na Engeland en later na Suid-Afrika.

Modise se antwoord het gewys R33,7 miljoen is in die 2018/2019 finansiële jaar spandeer. R42,4 miljoen is in 2019/2020 bestee en R5,1 miljoen in 2020/2021. R7,8 miljoen is in 2021/2022 uitgegee en R30,7 miljoen in 2022/2023. R19 miljoen is tot dusver in hierdie finansiële jaar spandeer.

Steenhuisen het gesê dit is buitensporig en wys hoe min die president omgee.

Bronne: TimesLIVE, Briefly, The Africa, BNN Breaking

Lees ook: Mededingingskommissie waarsku skole oor riglyne vir uniforms

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief