Lees ook: AKA se pa glo meesterbrein wat moorde beplan het is nog los
President Cyril Ramaphosa het die adjunkminister van kleinsakeontwikkeling, Dipuo Peters, vir ‘n maand geskors is na sy skuldig bevind is dat sy die etiese kode oortree het.
Dit volg na die parlementêre komitee oor etiek en ledebelange bevind het Peters het haar ampseed geskend toe sy die minister van vervoer tussen 2013 en 2017 was.
‘n Groep, UniteBehind, het ‘n klag teen haar gelê dat sy nalatig was in die uitvoer van haar pligte terwyl sy Prasa moes oorsien. Sy het glo die Prasa-raad in 2017 afgedank na dit korrupsie in die agentskap ontdek het.
Peters het ook glo die gebruik van Prasa-busse vir ANC-byeenkomste toegelaat sonder dat daar betaling was daarvoor.
Sy het in Januarie hof toe gegaan om die regering se bevindinge teen te staan en hulle te keer om haar te skors, maar haar aansoek is van die hand gewys.
Peters is van 28 Februarie tot 28 Maart geskors sonder betaling.
Bronne: IOL, EWN, Briefly
Lees ook: Kyk hier om die DA se plan om die Noord-Kaap te red te sien





