Brekende Nuus
Landbou

Pretoria-boer glo tydens plaasbesigtiging beroof

Foto's: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – ’n Boer van Pretoria is glo verlede week beroof en aan ’n boom vasgebind, nadat ’n man wat hom as ’n moontlike koper voorgedoen het, hom tydens ’n besigtiging van sy eiendom oorrompel het.

Volgens Yusuf Abramjee van Crime Watch het die voorval plaasgevind toe die verdagte glo belangstelling in die eiendom getoon het en die boer ontmoet het om die perseel te besigtig. Die man het die boer na bewering oorweldig, hom vasgebind en van sy besittings beroof voordat hy op die vlug geslaan het.

Verdere besonderhede oor die saak is nie beskikbaar nie. Nuusflits het polisiekommentaar gevra.