Pretoria-boer glo tydens plaasbesigtiging beroof

Lees ook :

Foto's: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – ’n Boer van Pretoria is glo verlede week beroof en aan ’n boom vasgebind, nadat ’n man wat hom as ’n moontlike koper voorgedoen het, hom tydens ’n besigtiging van sy eiendom oorrompel het.

Volgens Yusuf Abramjee van Crime Watch het die voorval plaasgevind toe die verdagte glo belangstelling in die eiendom getoon het en die boer ontmoet het om die perseel te besigtig. Die man het die boer na bewering oorweldig, hom vasgebind en van sy besittings beroof voordat hy op die vlug geslaan het.

Verdere besonderhede oor die saak is nie beskikbaar nie. Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief