VK. – Prins Andrew het glo in ‘n e-pos aan Jeffrey Epstein gesê: “Ons sal binnekort weer saam speel” en dat hulle “saam in dit is” kort nadat hy in ‘n onderhoud gesê het hy is nie meer in kontak met hom nie.
Lees ook: Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein maak weer verskyning
Die e-pos is op 28 Februarie 2011 gestuur, ‘n dag nadat ‘n foto van prins Andrew saam met Virginia Giuffre en Chislaine Maxwell gedeel is, nadat die prins in Desember 2010 gesê het hy het nie meer kontak met Jeffrey Esptein nie.
Die e-pos is van sy amptelike rekening af gestuur en hy het daarin gesê: “Ek is net so bekommerd vir jou! Moenie bekommerd wees oor my nie! Dit lyk of ons saam in dit is en sal moet uitstyg bo dit. Andersins bly in kontak en ons sal binnekort weer saam speel”.
Virginia Giuffre het beweer prins Andrew het haar drie keer seksueel misbruik toe sy 17 jaar oud was. Hy het skuld ontken en beweer hy het kan nie onthou dat hy haar ooit ontmoet het nie.
Bronne: The Mirror, The Independent, Daily Mail
Lees ook: Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein maak weer verskyning