MADAGASKAR. – Die kantoor van die Madagaskar-president, Andry Rajoelina, het gister gesê ‘n poging om onwettig beheer van die land te neem, is onderweg.
Lees ook: Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister
Ure ná die aankondiging het ‘n weermageenheid bekend as CAPSAT beweer dit het leierskap van die weermag oorgeneem en dat dit in beheer van die land, lug en vloot is.
Dit volg nadat betogings op 25 September oor water- en kragonderbrekings begin het. Daar was ook ongelukkigheid oor Rajoelina se regering oor hoë werkloosheid, korrupsie en die hoë lewenskoste.
Dit is onbekend waar Rajoelina tans is, maar luidens ‘n verklaring is “daar ‘n poging om beheer te neem van die land in oortreding van die grondwet en demokratiese beleid.” Hy het die “poging om die land te destabiliseer” veroordeel en gesê die nasie moet herenig om die soewereniteit en grondwetlike orde te verdedig.
Bronne: BBC, Sky News, EWN
Lees ook: Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister





