Die voorsitter van Sentebale het prins Harry beskuldig van teistering en boeliery na hy, sy medestigter van Sentebale, prins Seeiso van Lesotho, en die raad van trustees bedank het.
Lees ook: Fluitjieblaser laat prins Harry bedank van liefdadigheid wat hy ter ere van Diana begin het
Prins Harry en die ander persone het bedank na die voorsitter, dr. Sophie Chandauka, hulle by die VK Charity Commission oor “teistering” en “wangebruik van mag” aangegee het.
Chandauka het in ’n onderhoud beweer prins Harry het Dinsdag die vrystelling van ’n “skadelike nuusstuk” goedgekeur sonder om haar, haar land se direkteure of haar uitvoerende direkteur te laat weet. Sy het gesê die nuusstuk “is ’n voorbeeld van grootskaalse teistering en boeliery”.
Chandauka het gesê daar was ’n “toesmeerpoging” en dat Harry “betrokke was” in die poging om haar af te dank na sy gekla het oor “vrouehaat” en “teistering en boeliery”.
Sy het ook beweer Harry wou die liefdadigheid gebruik vir sy persgeleenthede.
Bronne: The Telegraph, Sky News, ABC
Lees ook: Fluitjieblaser laat prins Harry bedank van liefdadigheid wat hy ter ere van Diana begin het
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





