Prinses Kate oor kankerbehandeling op Instagram

Lees ook :

Prinses Kate oor kankerbehandeling op Instagram
Prinses Kate oor kankerbehandeling op Instagram fotokrediet: Instagram

Lees ook: Prinses Kate op X oor projek met jong boere

VK. – Prinses Kate het haar eerste openbare verskyning gemaak by vanjaar se vaandelparade (Trooping the Colour) sedert sy haar kankerdiagnose in Maart aangekondig het.

Sy het op Instagram ‘n opdatering oor haar kankerbehandeling geplaas. Prinses Kate het gesê hulle is dankbaar vir al die mooi boodskappe en dat sy goeie vordering maak met haar behandeling. Sy het gesê daar is goeie dae en slegte dae en dat haar behandeling vir nog ‘n paar maande sal aangaan.

Kate het ook gesê sy sal hopelik ‘n paar openbare geleenthede kan bywoon, maar dat sy dit “stadig neem”.

Bronne: IOL, CBS News, Instagram, ELLE

Lees ook: Prinses Kate op X oor projek met jong boere

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief