Lees ook: Prins Harry verloor hofsaak vir meer beskerming in VK
’n Familiefoto van prinses Kate en haar kinders vir Moedersdag in Engeland is van Instagram verwyder na dit bevind is die foto is gedokter.
Kate het Sondag die foto, deur prins William geneem, op Instagram geplaas en dit is deur die Kensington-paleis na media-agentskappe gestuur. Die foto is verwyder toe die agentskappe besef die foto is gedokter.
Kate het gister om verskoning gevra vir die digitale manipulasie van die foto en het gesê sy was die een wat “‘n bietjie met redigering gespeel het”.
Die foto volg na weke se geskinder op sosiale media oor wat met Kate gebeur het sedert sy die hospitaal op 29 Januarie verlaat het na ’n operasie op 16 Januarie. Sy is nie in die openbaar gesien sedert Kersdag nie.
Kate sal na verwagting teen 31 Maart weer haar koninklike pligte hervat.
Bronne: USA Today, BBC, CNN
Lees ook: Prins Harry verloor hofsaak vir meer beskerming in VK





