Brekende Nuus
Afrikaans

Prins Harry verloor hofsaak vir meer beskerming in VK

Harry het hof toe gegaan om te vra vir meer beskerming vir wanneer hy die VK besoek, maar die hof het beslis die besluit van 2020 was regverdig.

Prins Harry verloor hofsaak vir sekuriteit in VK

fotokrediet: Wikipedia
Prins Harry verloor hofsaak vir sekuriteit in VK fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood gevind

VK – Prins Harry het die hofsaak om meer persoonlike beskerming te kry wanneer hy die VK besoek, verloor.

Hy is in 2020 deur die kantoor van binnelandse sake ingelig hy kwalifiseer nie meer vir dieselfde mate van beskerming nie toe hy Amerika toe getrek het met Meghan Markle.

Harry het hof toe gegaan om te vra vir meer beskerming vir wanneer hy die VK besoek, maar die hof het beslis die besluit van 2020 was regverdig.

Sy regspan het gesê hulle gaan teen die besluit appelleer en hou vol hy word “onregverdig” behandel.

Bronne: The Guardian, Mirror, NY Times

Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood gevind