Publiek gewaarsku nadat walviskarkas uitspoel

Lees ook :

Foto: Matzikama-munisipaliteit

WES-KAAP. – ’n Walviskarkas het langs die kus tussen Papendorp en Strandfontein uitgespoel, waarna ’n gesondheids- en veiligheidswaarskuwing aan die publiek gerig is.

Luidens ‘n verklaring deur die Matzikama-munisipaliteit in Vredendal kan die karkas ernstige gesondheidsrisiko’s weens bakterieë, ontbindingsgasse en ander moontlike gevare inhou. Die publiek word versoek om nie die walvis of enige dele daarvan aan te raak nie. Daar moet ook liefs nie naby die karkas gespeel word, of in die see in die omgewing geswem word nie.

Die publiek word verder aangeraai om te alle tye ’n veilige afstand te handhaaf en om troeteldiere van die area weg te hou. Samewerking word gevra in belang van openbare gesondheid en veiligheid.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief