‘n Skouspelagtige vlug deur ‘n Qatar Airways Boeing 777-300 het die Qatar Airways Beker stylvol ge-open. Pas nadat die die laaste note van Nkosi Sikelel’ iAfrika weergalm het deur die stadion, het die vliegtuig vir die eerste keer in die geskiedenis oor die 45 000 plus DHL Stadion gevlieg. Die historiese gebeurtenis het gedurende die Springbokke teen Barbarians wedstryd op Saterdag, 28 Junie plaasgevind. Heel gepas was dit ook die eerste keer wat die Barbarians teen Suid Afrika in Suid Afrika gespeel het. Die Bokke het
gemaklik gewen met 54 teenoor 7.





