R13 m. se dwelms by Durban-hawe onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Dwelms, vermoedelik kokaïen, waarvan die waarde op sowat R13 miljoen geskat word, is Dinsdag by die Durban-hawe in ‘n bus onderskep. Die polisie is op soek na verdagtes.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het inligting daarop gedui dat besendings deur die Durban-hawe die land ingebring is wat bestem was vir Gauteng. ‘n Operasie is van stapel gestuur en verdagte vragte en vaartuie is dopgehou. Altesame 32 blokke, vermoedelik kokaïen, is in die lugversorgingskompartement van ‘n bus ontdek. Die busse is vanuit Suid-Amerika verskeep en was glo vir Gauteng bestem. Die polisie sê ondersoeke is aan die gang om diegene wat agter die smokkeloperasie sit en die beoogde ontvangers van die dwelms op te spoor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief