Twee verdagtes het vanoggend vroeg by die Sol Plaatje Munisipale-substasie in Central Road ingebreek. Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê brekers ter waarde van R150 000 is gesteel.
Een verdagte is in hegtenis geneem en die ander verdagte het op vlug geslaan. ‘n Saak van diefstal en opsetlike beskadiging is by die polisie oopgemaak.
“Dit is onaanvaarbaar om boewe toe te laat om voort te gaan om ons infrastruktuur te vernietig. Ons doen ‘n beroep op inwoners om enige vorm van misdaad by die polisie aan te meld,” sê Riet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





