Brekende Nuus
Afrikaans

R200 000 se Mandrax op Mosselbaai gevind

Foto: Ter illustrasie (Canva)

WES-KAAP. – ’n 43-jarige verdagte is op 3 September in Mossbelbaai in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van R200 000 in sy besit gevind is.

Volgens lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is die verdagte deur die Valke se George-gebaseerde ondersoekspan na ernstige georganiseerde misdaad, in samewerking met die Outeniqua-honde-eenheid, vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Luidens ’n verklaring deur die SAPD is inligting ontvang oor dwelms wat by ’n huis in Dagamaskop verkoop word. ’n Persoon van belang is geïdentifiseer en ’n verdagte pakkie is in sy besit gevind. Tydens ’n deursoek-operasie is op 4 000 Mandrax-tablette beslag gelê.

Die verdagte sal op Maandag 7 September in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.