R3 m. se juweliersware teruggevind ná roof – 5 vas

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Juweliersware van sowat R3 miljoen is teruggevind wat Sondag tydens ‘n gewapende roof by ‘n juwelierswinkel in ‘n winkelsentrum in Umhlanga in Umlazi vasgelê is. Vyf mans, tussen 20 en 44 jaar oud, is vanoggend (Maandag) in verband met die roof in hegtenis geneem.

Lt.kol. Paul Magwaza sê die polisie het tydens die ondersoek inligting ontvang dat die verdagtes probeer het om die gesteelde items te verkoop. Lede van die provinsiale moord-en-roofeenheid het vinnig die inligting saam met die eThekwini-distriktaakspan opgevolg, waarna die verdagtes in Umlazi aangekeer is. Tydens die operasie is juweliersware teruggevind, asook klere, bankkaarte en mobiele roeteerders (routers) wat vermoedelik met die misdaad verbind word.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van sakeroof en poging tot moord en sal na verwagting Woensdag in die Durban-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief