Lees ook: Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkoopskandaal
ActionSA is van plan om president Cyril Ramaphosa te vra om die spesiale ondersoekeenheid te vra om drie van sy kabinetslede te ondersoek wat in die R500 miljoen-omkoopskandaal genoem is.
Dit volg na sakeman Mthunzi Mdwaba gesê het die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, Enoch Godongwana, finansminister, en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sowel as die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het omkoopgeld van R500 miljoen by hom gesoek.
ActionSA het geëis Ramaphosa moet Nxesi afdank en die ander ministers skors tot die ondersoek voltooi is.
Mbalula het gister klagtes van crimen injuria teen Mdwaba by die Sandton-polisiestasie gelê en gesê die aantygings teen hom moet teruggetrek word.
Al die ministers ontken dat enige omkoopgeld gevra is.
Bronne: IOL, Actions SA, Politics Web
Lees ook: Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkoopskandaal