Ramaphosa stel nasionale waterplan bekend

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

President Cyril Ramaphosa het die nasionale wateraksieplan (NWAP) bekend gestel, wat daarop gemik is om Suid-Afrika se waterkrisis aan te spreek. Die instel van die plan is om betroubare voorsiening van skoon water aan alle gemeenskappe te verseker.

Die plan maak ook voorsiening vir groter beleggings in waterbergings-, suiwerings- en verspreidingsinfrastruktuur en beter bestuur en instandhouding van bestaande waterstelsels. Dit maak verder voorsiening vir samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering, sowel as die private sektor, asook vinniger ingryping om munisipale waterdienste te stabiliseer waar stelsels reeds besig is om in duie te stort.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, sê die plan bevat kort-, medium- en langtermynmaatreëls om die oorsake van wateronderbrekings in talle munisipaliteite aan te spreek. Dit fokus op groter investering in waterinfrastruktuur, insluitend private beleggings, wetgewende en regulatoriese hervormings om dienslewering te verbeter, asook strenger optrede teen korrupsie en misdaad in die watersektor. Volgens die presidensie is een van die grootste probleme dat inkomste uit waterdienste dikwels vir ander munisipale uitgawes gebruik word, wat daartoe lei dat daar te min geld beskikbaar is vir die instandhouding van waterinfrastruktuur, opgraderings en die aanstel van gekwalifiseerde personeel.

Ramaphosa sê die regering wil dieselfde benadering volg wat volgens hom gehelp het om beurtkrag te beëindig, deur watersekerheid as ‘n nasionale prioriteit te hanteer. Die uiteindelike doel is om te verseker dat alle Suid-Afrikaners, ongeag waar hulle woon, toegang tot veilige en betroubare watertoevoer het.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief