Die SACP en Cosatu het aangekondig dat hulle nie meer president Cyril Ramaphosa gaan ondersteun by die ANC se verkiesingskonferensie nie.
Alhoewel die SACP en Cosatu nie stembevoegdhede het nie, het hulle ’n groot invloed op hulle lede, wat ook ANC-lede is.
Albei ANC-alliansievennote het aan die Daily News gesê hulle het besluit om nie enige partykandidaat te onderskryf nie omdat die werkersklas en arm mense nie by vorige onderskrywings baat gevind het nie.
Edwin Mkhize, provinsiale sekretaris van Cosatu in KwaZulu-Natal, het gesê hy dink nie die arbeidsfederasie sal enige kandidaat onderskryf nie, aangesien alle kandidate wat Cosatu ondersteun het, hulle uiteindelik teleurgestel het en werkers verdeeld gelaat het.
Hy het gesê die federasie voel dit moet aan die werkers oorgelaat wordom te besluit wie hulle voel hul belange beter sal dien.
Alex Mashilo, nasionale woordvoerder van die SACP, het gesê sy party het Ramaphosa nooit gesteun nie, selfs nie in 2017 nie. Dit was toevallig dat beide die SACP en Ramaphosa ‘n gemeenskaplike visie gehad het om korrupsie te beveg deur ‘n staatskapingskommissie aan te vra.
Hy het gesê daar is niks op papier waar die SACP ‘n besluit geneem het om enige kandidaat in 2017 te ondersteun nie.
Mashilo het gesê nóg Ramaphosa nóg dr. Zweli Mkhize het gepraat oor ‘n fundamentele ekonomiese verandering wat werk in die land sal skep, dus voel die SACP aangesien nie een van die kandidate enige beleidsverskuiwing aangekondig het nie, die party niemand sal ondersteun nie. Hy het gesê die SACP se grootste bekommernis was beleidspolitiek eerder as individuele kandidate.
Bronne: IOL, Ghanamma, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





