GAUTENG. – Rand Water waarsku gemeenskappe in Gauteng watervlakke is krities laag en kan opdroog, indien munisipaliteite nie aanbevelings implementeer nie.
Rand Water sê nog addisionele water kan nie gepomp en aan die sisteem verskaf word nie.
Munisipaliteite is gevra om onder andere waterlekkasies te herstel, munisipale verordeninge af te dwing en onwettige koppelinge aan te spreek. Rand Water sê die enigste oplossing is om water te bewaar en aanvraag te bestuur.
Lees die volledige verklaring hier onder:






