Rassie tevrede met Springbokke se wen teen Rose

Lees ook :

Foto: Springboks

Die Springbokke het in Londen op Twickenham met 29-20 teenoor die Engelse Rose in die tweede toets van die Castle Lager Outgoing Tour koning gekraai. Afrigter Rassie Erasmus sê hulle is tevrede met die eindresultaat.

Nadat die Springbokke verlede naweek die Skotte gewen het, is daar nog een wedstryd teen Wallis in Cardiff oor, om die dubbele wêreldkampioene in nommer 1 op die wêreldranglys te hou. Tot dusver is die Bokke onoorwonne op hulle jaareindtoer.

Volgens SA Rugby het Rassie gesê dit was hard en die vertoning kon beter, maar hulle is tevrede met die eindresultaat.

“We also had to work hard last week for the victory (against Scotland). We missed a kick here and there and both teams were disallowed tries in the second half, while the injury to Ox (Nche) disrupted the way we planned to do things. We were certainly not happy with the performance, but if you beat England by nine points, it could come across as arrogant to say that. So, we are content with the result.”

Die Springbokke het vier drieë gedruk – Grant Williams die eerste, Pieter-Steph du Toit nog een en Cheslin Kolbe twee. Kolbe is na ‘n skittervertoning as Speler van die Wedstryd aangewys.

Bron: Springboks

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief