RCB-krieketspan in Indiese Premiersliga uitgeskakel

Lees ook :

RCB-krieketspan by Indiese Premiersliga uitgeskakel. Foto: BCCI

INDIË. – Die Royal Challengers Bengaluru (RCB) is Donderdag deur die Rajasthan Royals uit die Indiese Premiersliga in Ahmedabad geskakel.

Die eindtelling vir RCB was 172/8 teenoor Rajasthan Royals se 174/6. RCB het met 4 paaltjies verloor.

Faf du Plessis, wat kaptein vir al 15 wedstryde was, sê dit is teleurstellend, veral omdat hulle ses wedstryde na mekaar gewen het om tot die uitspeel deur te dring.

AB de Villiers, wat ook al vir die RCB’s gespeel het, het die spelers gelukgewens met die manier hoe hulle ondersteuners weer hoop gegee het. “It’s always painful to lose. But as a fan, I’m proud of the boys for making us believe, even when all hope seemed lost at the start of May. I’m sure RCB will come back stronger next year and bring home that elusive title.”

Bronne: NDTV, SA Cricket Mag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief