EVEREST. – Reddingswerkers het die 200 vasgekeerde klimmers wat Vrydag deur ‘n sneeustorm op die berg Everest vasgekeer is, bereik.
Lees ook: 200 bergklimmers op Everest wag steeds op hulp
Plaaslike media het berig die reddingsoperasie behoort vandag voltooi te word.
Die klimmers is op ‘n hoogte van 4 900 meter vasgekeer toe ‘n hewige sneeustorm Vrydag begin het en tot Saterdag voortgeduur het.
Een persoon is Sondag in die Laohugou-gebied aan hipotermie en hoogtesiekte oorlede.
Bronne: The Irish Sun, ABC, CBS News





