Reeksverkragter vas in verband met onopgelosde sake oor dekades heen

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n Verdagte man (55) is in hegtenis geneem, nadat hy aan ‘n reeks verkragtings en rooftogte wat oor meer as 20 jaar in Welkom, Thabong en Bloemfontein gepleeg is, verbind is.

Luidens ‘n verklaring deur sers. Mahlomola Kareli van die polisie is die verdagte vasgetrek nadat hy glo ‘n vrou (21) aangeval het terwyl sy deur die Magengenene-begraafplaas huis toe gestap het. Volgens owerhede het lede van die gemeenskap die verdagte agternagesit en aan die Mangaung-polisie oorhandig.

Volgens die vorige ondersoeke het die verdagte sy slagoffers glo mislei deur homself as ’n “profeet” voor te doen en te sê dat rituele in die begraafplaas uitgevoer moes word. Hy het slagoffers aangemoedig om hulle klere uit te trek vir “skoonmaak,” waarna hulle hare afgesny en op grafte verbrand is. Daarna het die verdagte hulle verkrag en hulle selfone gesteel.

DNS-toetse het die man aan sewe vorige verkragtings en rooftogte verbind, waarvan vyf in Mangaung en twee in Welkom. Die oortredings gaan sover as 1999 terug. Rekords dui aan dat die verdagte op parool was toe hy in 2022 sy misdade hervat het. Die jongste aanval in die begraafplaas maak dit die agtste saak waaraan hy formeel verbind is.

Hy sal binnekort op aanklagte van verkragting en roof in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Mangaung-GKS ondersoek die sake.

Die polisie vra nog enige slagoffers wat nie sake aangemeld het nie en diegene wat relevante inligting het, om speur.sers. Nthoba by 082 886 8979 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief