Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir die week voorspel.
Lees ook: Watertoevoer onderbreek in Kaapstad tot 22 November
Reën is vir môre vir dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorspel.
Reën is vir Woensdag vir dele van Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorspel.
Nog geen weerwaarskuwings is uitgereik nie, maar daar is ‘n moontlikheid van verspreide donderbuie.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Watertoevoer onderbreek in Kaapstad tot 22 November





