Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir Donderdag oor die grootste deel van die land voorspel. Daar is reën vir dele van die Noord-Kaap, Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorspel.
Lees ook: Reën vir die week voorspel
Die SAWD het ook reën vir vandag en môre voorspel.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is vir vandag vir dele van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat, Noord-Wes en die Noord-Kaap uitgereik.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Reën vir die week voorspel





