Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het reën en moontlike donderstorms vir vandag in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes en Oos-Kaap voorspel.
Lees ook: Swanger tiener aan lewe gehou vir baba se geboorte ná padwoedevoorval
Daar is nog sover geen weerwaarskuwings vir vandag uitgereik nie, maar die publiek word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge.
Reën word ook vir Saterdag in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel, asook vir Sondag vir dele van die Oos-Kaap.
Bronne: SAWD
Lees ook: Swanger tiener aan lewe gehou vir baba se geboorte ná padwoedevoorval





