Werknemers van Regshulp Suid-Afrika gaan volgende week ‘n twee dae lange beskermde staking aanpak. Die vakbond wat die optrede lei, verwys na vakante poste wat nie gevul word nie, besoldigingsgeskille, kommer oor aftrede en verswakkende werksomstandighede.
Die staking kom te midde van waarskuwings begrotingsbesnoeiings dwing Regshulp om honderde poste onvervuld te laat. Die organisasie verleen regsbystand aan duisende Suid-Afrikaners wat nie privaat regshulp kan bekostig nie en die optrede kan dienste tydelik ontwrig.
Regshulp het gewaarsku die druk op sy hulpbronne benadeel sy vermoeë om kliente by te staan. Verdere besonderhede oor watter kantore geraak sal word, was teen publikasie nog nie beskikbaar nie.





