Lees ook: Trump se prokureurs vra regter moet saak oor swyggeld laat vaar
NEW YORK, VSA. – ’n Regter in New York het bevind die “swyggeldsaak” teen Donald Trump is geldig en het geweier om die saak te laat vaar. Trump is skuldig bevind in ‘n saak oor swyggeld wat aan ‘n pornoster betaal is.
Dit volg na die VSA-hooggeregshof beslis het dat presidente nie krimineel aangekla kan word vir “amptelike dade” terwyl hulle president is nie. Die hof het wel beslis nie “alles wat die president doen, is amptelik nie”.
Regter Juan Merchan het gesê Trump se strafregtelike skuldbevinding in die swyggeldsaak is geldig omdat dit “nie-amptelike dade” was.
Merchan moet nog besluit of Trump gevonnis gaan word voor hy sy amp betree, wanneer sy amp klaar is in 2029 en of hy hom glad nie gaan vonnis nie.
Bronne: BBC, Los Angeles Times, The Star
Lees ook: Trump se prokureurs vra regter moet saak oor swyggeld laat vaar





