Lees ook: Renaldo Gouws oorweeg regstappe na DA hom uit party verwyder
Renaldo Gouws het gister vir Gayton McKenzie om verskoning gevra na hy hom vroeër die jaar ‘n “bankrower” en service delivery robber genoem het. Gouws het om verskoning gevra net ‘n paar dae na hy as lid en parlementslid uit die DA verwyder is.
Hy het in ‘n plasing op X gesê hy is jammer daarvoor dat hy McKenzie geoordeel het vir die man wat hy jare terug was en dat hy nie anders is as die mense en die media wat sy aksies uit konteks geneem het om by hulle storie te pas nie.
Gouws is verlede week uit die DA verwyder na ‘n ondersoek aangaande video’s van 2010 waarin hy vermoedelik rassistiese aanmerkings in antwoord op Malema se uitspraak van “kill the boer” gemaak het.
McKenzie het Gouws se verskoning aanvaar en gesê hy moet “sterk wees, leer en bons weer terug”.
Look I have to be real here, @GaytonMcK, I profusely apologize for judging you on the man you used to be many years ago.
— Ngamla Gouws 🇿🇦 (@RenaldoGouws) September 18, 2024
I see how I was no different to how people and the mainstream media handled something I did and say and how they took it out of context to fit their…
Thanks a lot @RenaldoGouws, this 2 shall pass. Be strong, learn, reflect deeply & bounce back soon👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾👊🏾 https://t.co/75Z7feLyDM
— Gayton McKenzie (@GaytonMcK) September 18, 2024
Bronne: SA People, TimesLIVE, X
Lees ook: Renaldo Gouws oorweeg regstappe na DA hom uit party verwyder