Reserwebank eis Markus Jooste se bates

Lees ook :

Reserwebank eis Markus Jooste se bates
Reserwebank eis Markus Jooste se bates fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: FSCA van plan om geld uit Markus Jooste se boedel te kry

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het bates wat aan Markus Jooste behoort het, aan die staat verbeurd verklaar.

Die Reserwebank het die Silveroak Trust geëis, insluitend kuns tot die waarde van R98 m., finansiële bates van R1 mjd., asook lenings ter waarde van R130 m..

Jooste se Hermanus-woning en eiendom en vyf voertuie is verbeurd verklaar, asook die Lanzerac-wynlandgoed en juwele, skildery en vuurwapens tot die waarde van R795 400. Dokumente, geheuestafies, elektroniese lêers en CD’s, wat moontlik inligting kan bevat, is ook geëis.

Van Berdine Odendaal, Jooste se beweerde meisie, se bates is ook aan die staat verbeurd verklaar. R12.4 m. is uit ’n Absa-rekening geneem, R26.5 m. uit nog ’n Absa-rekening, R1.1 m. uit ’n Capitec-rekening, R998 015.80 uit nog ’n Capitec-rekening en R1.1 m. uit ’n Standardbank-rekening. ‘n Eiendom op die Val De Vie-wynlandgoed wat vir R18 m. gewaardeer is, ook verbeurd verklaar.

Bronne: BusinessTech, IOL, The Africa

Lees ook: FSCA van plan om geld uit Markus Jooste se boedel te kry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief