Reusewalvis spoel by Gansbaai uit

Lees ook :

Foto's: Dyer Island Conservation Trust

WES-KAAP. – ‘n Reusagtige vinwalvis van 23 meter lank, die tweede grootste walvisspesie op aarde ná die blouwalvis, het naby Gansbaai uitgespoel. Die vroulike dier is Woensdag by Die Plaat aangetref nadat dit vroeër naby die Gansbaai-hawe opgemerk is.

Wilfred Chivell, stigter van die Dyer Island Conservation Trust (DICT) en uitvoerende hoof van Marine Dynamics Eco Tours, sê hy het nog nooit tevore ‘n vinwalvis langs die kus van die Groter Dyer-eilandgebied sien uitspoel nie. Navorsers van die trust het die dier ondersoek en bevestig dat dit ‘n vinwalkoei is.

Vinwalvisse kan tot sowat 27 meter lank word, meer as 70 ton weeg en leef hoofsaaklik in diep oseaanwaters, hoewel hulle ook deur koeler, voedselryke kusgebiede beweeg op soek na kos. Die spesie word wêreldwyd as kwesbaar beskou nadat getalle oor baie jare weens kommersiële walvisjag skerp afgeneem het.

Navorsers van DICT en wetenskaplikes van die Universiteit van Pretoria se Walviseenheid in Hermanus sal die karkas verder ondersoek om vas te stel wat tot die walvis se dood gelei het.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief